It’s doubtless no longer politically correct to make Van der Anyone the butt of any joke, but perhaps readers will forgive this poem on understanding that I wrote it at age 13. I’ve just rediscovered it on going through an ancient poetry notebook. Anyone who remembers my Dad will recognise him as my source for this – he had so much pleasure in the telling of this story and so I’m publishing the poem in memory of him. Thanks for the lighter side, Dr. Peter John Burman!
Die Skoene Jag
Van der Merwe sien ou Doep
Loop-loop langsaan by sy stoep.
Ou Doep dra ‘n mooi pak klere,
Soos ‘n volstruis met sy vere.
Op sy voet ‘n lekker skoen
Maak sy voorkoms mooi voldoen.
“Haai, ou pel! Daarop jou voet
“H’t ek nooit so ‘n lekker skoen ontmoet!
“Sê vir my, waar het jy
“So ‘n lekker skoen gekry?”
“Jy kan dit nie in winkels koop,”
Is die antwoord van ou Doep.
“Jy moet jag, indien jy wil,
Gaan skiet nou maar ‘n krokodil.”
Elke nag het Van gegaan
Na die rivier onder volle maan.
Ongelukkig, soggens tuis,
“Niks gesien, nie nog ‘n muis!”
Toe besluit hy laaste keer
Krokodil te soek by die rivier.
Hierdie keer, tot sy geluk,
Het krokodil op bank gebuk.
Van der Merwe skiet die dier,
Gaan in die water, trek hom neer.
Maar Van het ongeluk ontmoet:
“Die dom krokodil is mos kaalvoet!”
Tia Azulay (Caron Burman) 24Mar78
Copyright © 1978, 2006 Tia Azulay
See my literal translation of this poem here: The Shoe Hunt. You can also enjoy the Americanized version by David Ennis in the Comment below.